90-jarige sterf toe sy in ry wag

ʼn 90-jarige vrou van Noordwes is dood terwyl sy in ‘n ry gewag het om vir haar staatspension te herregistreer.

Die departement van maatskaplike ontwikkeling het Woensdag gesê die vrou het in ʼn ry buite die kantore van die agentskap vir maatskaplike veiligheid (Sassa) in Chosen Village gewag.

Lumka Oliphant, die departement se woordvoerder, sê die vrou het flou geword. “ʼn Beampte het gesien iets is fout en het die vrou se seun in kennis gestel. Die seun het haar bygestaan en agtergekom dat sy nie asemhaal nie,” het Oliphant gesê.

Die polisie en paramedici is ontbied. Die vrou is op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Trudie Erasmus ·

Omdat daar nie orde gehandhaaf word nie. Ons het op die 14de gaan herregistreer, dit was chaos. Hulle het uiteindelik vir die gestremdes ‘n registrasie punt oopgemaak. Hulle behoort sulke ou mense na een punt te laat gaan. Kan nie vir ure buite in die son staan nie. Ons moes rondswerf van een punt na die ander voordat ons by die regte plek uitgekom het en dit nadat ek gebel en seker gemaak het dat ons na die regte plek gaan.
Nee wat, alles is is chaos in die land!

Brenda ·

Dit is maar net soos alles anders in die land. Een groot GEMORS in die Banana Republic!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.