90 katte in Thailand gered

Argieffoto

Die polisie in Thailand het gesê hulle het sowat 90 uitgehongerde katte, wat glo onderweg was na Viëtnam, gered.

Die polisie wou egter nie sê van watter noodlot hulle die katte gered het nie, maar katte word as ʼn lekkerny in die land van bestemming beskou.

“Polisiebeamptes het Donderdag ʼn voertuig by ʼn beheerpunt in die Nakhon Phanom-provinsie afgetrek en op ses hokke vol katte afgekom,” het kol. Sakchai Sadmaroeng, gesê. “Die bestuurder is in hegtenis geneem en staar klagte van dieremishandeling en onwettige vervoer van diere in die gesig.”

Die bestuurder van die voertuig het aan die polisie gesê hy het 2 000 baht (sowat R640) ontvang om die diere na die Mekhongrivier te vervoer.

Katvleis word in talle restaurante in Viëtnam aangebied. Honde word ook gereeld van Thailand gesmokkel vir hul vleis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.