90% van SA-jeug neem deel aan Mandela-dag

Voormalige president Nelson Mandela

Nege uit 10 jong Suid-Afrikaners beplan glo om aan Mandela-dag deel te neem.

“89% van die 16 046 respondente in ʼn opname het aangedui dat hulle Donderdag 67 minute van hulle tyd gaan opoffer om ʼn goeie daad te verrig vir voormalige pres. Nelson Mandela se verjaarsdag,” het Pondering Panda, bevind. Pondering Panda is ‘n maatskappy wat verbruikerstendense ontleed uit data wat via selfone of digitale tegnologie ingesamel word.

“Die syfers toon dat ons ʼn hoë vlak van entoesiasme kan verwag met betrekking tot deelname aan Mandela-dag,” het Shirley Wakefield, woordvoerder vir die maatskappy, gesê. “Dit wys dat Mandela-dag sy doel onder die jeug bereik om mense aan te moedig om iets daadwerklik te doen en sodoende verandering verder aan te moedig.”

Sy sê Mandela-dag is duidelik ʼn idee wat jong Suid-Afrikaners verenig. Volgens die opname was deelname aan die dag vantevore ook hoog. 65% van respondente het aangedui dat hulle vantevore al aan Mandela-dag deelgeneem het.

“Daar is min verskille in mening onder die verskillende demografiese groepe,” het Wakefield gesê.

Mandela vier Donderdag sy 95ste verjaarsdag. Hy is op 8 Junie in die Medi-Clinic Harthospitaal in Pretoria opgeneem vir ʼn herhalende longkwaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Nico ·

“Dit wys dat Mandela-dag sy doel onder die jeug bereik om mense aan te moedig om iets daadwerklik te doen en sodoende verandering verder aan te moedig.” Met ander woorde…solank die blankes meer en meer prysgee sodat die swartes meer en meer kan ontvang. Dis al verandering wat vir hierdie regering aanvaarbaar is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.