900 boere vra kwytskelding van minimumloon

Nagenoeg 900 boere het by die departement van arbeid aansoek gedoen om vryskelding van die nuwe minimumloon.

Minister Mildred Oliphant sê nagenoeg 10% van die boere het egter nie daarin geslaag om die nodige dokumentasie vir die aansoek voor te lê nie. “In terme van die aansoeke wat ons vir vryskelding ontvang het, is daar omtrent 900 aansoekers, en sowat 10% van die aansoekers het nie die nodige ondersteunende dokumente nie,” het Oliphant tydens ʼn mediakonferensie in Kaapstad gesê. Oliphant sê die aansoekers maak minder as een persent van die boerdery-gemeenskap uit. “Die 900 aansoeke kom van die plus minus 100 000 boere in die land.” Oliphant sê sy twyfel dat die nuwe minimumloon tot “grootskaalse werksverliese” sal lei in die landboubedryf. Die nuwe minimumloon het op 1 Maart van R65 tot R105 per dag verhoog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.