92 in hegtenis geneem vir dwelmmisbruik

Twee-en-negentig mense is gedurende die naweek in Oos-Londen in hegtenis geneem vir misdade wat met dwelm- en alkoholmisbruik verband hou, het die Oos-Kaapse polisie gesê.

Van die gearresteerdes was 10 dronkbestuurders en drie ander wat met kokaïne handel gedryf het, het lt.kol. Mtati Tana Sondag gesê. Die polisie het veral gefokus op drankwinkels, en om verdagte persone en voertuie by nasienpunte te deursoek. Kokaïne, tiktablette, ses bompies dagga en meer as 25 liter alkohol is by van die persone wat in hegtenis geneem is, aangetref. Die polisie het ook 20 messe gekonfiskeer, ‘n gesteelde skootrekenaar, ses selfone, ‘n beursie met R2 710, 40 vervalsde DVDs en ‘n elektriese kragopwekker. “Ons gaan voort om regdeur die feesseisoen gemeenskappe teen misdaad te beveilig,” het Tana gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.