92-jarige in Noordwes vermoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 92-jarige man is by sy huis in Mahikeng, Noordwes vermoor en sy voete is verbrand.

“ʼn Buurvrou wou die bejaarde gaan besoek en het opgemerk ʼn venster is gebreek,” het kol. Emelda Setlhako, woordvoerder van die polisie in Noordwes, Woensdag gesê. Die voorval het in Setlopo Village plaasgevind.

Die buurvrou het die man se kind gebel wat toe deur die ruit toegang tot die huis bekom het.

“Die man is naak in sy slaapkamer aangetref. ʼn Gedeelte van sy lyf was met ʼn matras bedek en sy voete is gebrand en daar was as op die grond,” het Setlhako gesê. Hy is 12 keer met ʼn skerp voorwerp gesteek en hy het kopbeserings en ʼn besering by sy linkeroor opgedoen. ʼn Mes is op die toneel aangetref.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Ria Maritz ·

Net nog ‘n skokkende en afgryslike voorval – wat op aarde kan ‘n 92-jarige doen om homself te verdedig, nie eers ‘n vlieg skade aandoen nie.

Mense kan verskil van my, maar vandat die doodstraf afgeskaf is, het moord en vekragtings erg toegeneem !

akram ·

Ria, ek stem ook saam. Daar is dalk n groter prentjie wat ek dink mis gekyk word. Met die huidige situasie word tronke oorvol, dus moet meer gebou word. meer monde moet gevoer word. Kontrakte word uitgedeel vir die take. Erns is iemand wat groot lepels vol skep. Dit ten koste van n lewe of n vernielde lewe .Indien die dood straf terug gebring word, sal die kontrakteur wat die galg moet onderhou en toue moet verskaf niks kan kry nie, want dan is die mense mos bang om te hang. My beskeie opinie.

Paul ·

So jy dink die galg word tans onderhou en “toue word verskaf”? Waarvoor? Vir ingeval die doodstraf dalk weer ingestel word? LOL

stephanie ·

Ek glo ook dat vandat ons grense oopgestel is vir elke jan rap en sy maat het dit net nog meer geweldadiger geraak. Eerstens moet ons al die onwettige Zim/Mosambiek ens misdadigers uit ons land kry – en hou – en dan kyk na die doodstraf.

Paul Smith ·

Alles het begin toe die regering aan die ANC gegee is. En Zuma beweer dat die ANC hierdie land vir altyd sal regeer, dit is duidelik dat hy die God wat se dat Hy hulle op gladde plekke laat loop en dat hulle iende iets afgrysliks is, nie ken nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.