92-jarige ouma van Oos-Kaap vermoor

Argieffoto

Argieffoto

‘n 92-jarige vrou is in Mndundu Village, Willowvale in die Oos-Kaap, glo deur ‘n familielid vermoor, het die Oos-Kaapse polisie Sondag gesê.

“Die vrou het saam met haar kleinkind in ‘n kamer geslaap toe ‘n man haar Saterdagaand omstreeks 23:00 aangeval het,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die ouma is met ‘n skerp voorwerp in haar bors gesteek. Sy is op die toneel dood. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.”

Volgens Manatha het die verdagte en die kleinseun mekaar geken en die polisie het hom dieselfde aand in hegtenis geneem. “Die kleinseun is nie beseer nie en dit wil voorkom of die ouma die teiken was.”

Die 35-jarige man is Saterdagaand in verband met die moord in hegtenis geneem. Dit is nie bekend hoe hy en die bejaarde verwant is nie. Hy sal Maandag op ‘n aanklag van moord in die Willowvale-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Trippie ·

Liewe Vader van genade, hoe kry enige normaal, regdenkende “mens” dit oor sy hart om ‘n vrou, nogal 92 en bejaard blatant te vermoor.

Vivienne ·

Dit is so hartseer. Gelukkig is die dame in ‘n beter plek.
Ek hoop en bid dat die familielid tot bekering kan kom wat die daad gepleeg het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.