92-jarige vrou van Noordwes verkrag

Die Noordwes-polisie is op soek na ʼn verdagte wat ʼn 92-jarige vrou glo herhaaldelik verkrag het.

Kaptein Adel Myburgh, ʼn polisiewoordvoerder, sê die vrou is vroeg Sondagoggend in haar huis in Mmakau oorval en verkrag.

“Die bejaarde se voordeur was met ‘n ketting gesluit. Die man het toegang tot die huis gekry deur die ketting af te breek,” het Myburg gesê.

Volgens Myburgh is die bejaarde vir drie ure lank herhaaldelik verkrag voor die man te voet van die toneel af gevlug het. “Die bejaarde is erg deur die voorval getraumatiseerd en is in ʼn plaaslike hospitaal opgeneem vir behandeling,” het sy gesê.

Die polisie het ʼn beroep op kinders gedoen om toe te sien dat hul bejaarde ouers nie alleen bly nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

MARTHIE ·

die sameleweing het sulke siek mense wat gaan aan mense het net nie meer morele waardes en respek nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.