94 reeds vas vir renosterstropery in 2013

Altesaam 94 vermeende renosterstropers en smokkelaars is sedert die begin van die jaar in hegtenis geneem.

Die departement van omgewingsake het Woensdag bekendgemaak dat 44 vermeende stropers in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem is. “In Limpopo is 20 vasgetrek en 13 is in KwaZulu-Natal aangekeer,” het Albi Modise, die departement se woordvoerder in ʼn verklaring gesê. Agt verdagtes is in Noordwes aangekeer, ses in Mpumalanga en drie in Gauteng.

Daar is veral ‘n aansienlike vordering die afgelope week gemaak, met 11 stropers wat in die oostelike gedeelte van die land vasgetrek is. Pogings om renosterstropery te bekamp is opgeskerp nadat daar reeds 292 renoster sedert Januarie vir hul horings doodgemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.