96-jarige vrou en haar tuinier vermoor

Elizabeth Louw (96) en haar tuinier is glo by haar huis in Klerksdorp, Noordwes, vermoor.

Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het gesê Louw en haar tuinier, Gert Marks, se liggame is Saterdag omstreeks 12:20 by haar huis aangetref, berig OFM. Louw se suster was glo bekommerd toe Louw nie haar telefoon geantwoord het nie. Sy het ‘n vriend gevra om na Louw se huis te gaan om ondersoek in te stel. Die verdagtes het juwele en ‘n onbekende bedrag geld gesteel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Thandi Modise, premier van Noordwes, het die moorde sterk veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gert Kruger ·

Nog iemand op so ‘n hoë ouderdom wat alleen woon en vermoor word. Daar is te veel van hulle wat nog daarvan bewus is dat hulle in die “ruweSA” woonagtig is nie. Dit maak mens siek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.