96 renosters reeds in 2013 gestroop

Foto: www.rhinoconservation.org

Altesaam 96 renosters is al sedert die begin van die jaar vir hul horings doodgemaak.

Albi Modise, woordvoerder van die departement van omgewingsake, het Woensdag gesê 66 van die renosters is in die Krugerwildtuin gestroop. “Tien renosters is in KwaZulu-Natal gestroop, 11 in Noordwes, vier in Mpumalanga en vyf in Limpopo.” Modise sê 34 vermeende renosterstropers is reeds in hegtenis geneem. Hy sê 23 van die 34 is in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem. In 2012 is 668 renosters vir hul horings doodgemaak in vergelyking met die 448 renosters wat in 2011 gestroop is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.