98-jarige vrou verkrag, verwurg

‘n 98-jarige vrou van Noordwes is oor die naweek dood in haar huis aangetref nadat sy glo verkrag en verwurg is.

Kol. Emelda Setlhako, ‘n polisiewoordvoerder, sê die voorval het in Tloung Village, Mahikeng, plaasgevind. “Haar liggaam is Saterdag deur haar kleinkind gevind,” het Setlhako gesê.

“Haar kleinkind beweer hy was op pad na ‘n begrafnis toe hy besluit het om by sy ouma om te gaan. Hy het haar liggaam op die vloer aangetref. Sy was met ‘n kombers toegegooi. Daar was droë bloed op die mat  en onder die kombers. Sy het merke aan haar gesig en nek gehad wat aandui dat sy verwurg is,” het Setlhako bygevoeg.

Die polisie ondersoek ‘n aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.