Aandag alle goggas!

Dis ʼn getellery by Londen se dieretuin en niemand word oorgeslaan nie – nie eers die tarantulas nie!

Die dieretuin in Londen doen elke jaar ʼn gedetailleerde sensusopname van elke lewende dingetjie wat onder sy sorg is om aan sy lisensievoorwaardes te voldoen. Werkers het Woensdag met notaboeke en baie geduld die dieretuin binnegevaar om seker te maak dat elke diertjie getel word. Dit is nie ʼn maklike taak nie, aangesien daar meer as 18 000 diere in dié dieretuin bly. Mark Habben, die bestuurder van die dieretuin het gesê dit is nogal ʼn uitdaging omdat baie van die diere vinnig beweeg en gewoonlik in hul aanhoudingsplekke wegkruip.

[nggallery id=15]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.