Aanklaer vang rower in JHB

handcuffs3-320x257ʼn Aanklaer het Dinsdag ʼn man agternagesit en in hegtenis geneem nadat die man hom glo in sy voertuig by ʼn rooi verkeerslig in Johannesburg se middestad wou beroof het.

“Die 26-jarige verdagte is op die hoek van Miriam Makeba- en Breestraat aangekeer,” het ao. Xoli Mbele, ʼn polisiewoordvoerder, Woensdag gesê.

Volgens Mbele het die verdagte en ʼn medepligtige die aanklaer probeer beroof terwyl hy by die verkeerslig stilgestaan het. “Hy is deur twee mans genader. Een man het na die voertuig se passasierskant beweeg, terwyl die verdagte by die bestuurder se deur gaan staan het.”

Die aanklaer se venster was effens oop. Die verdagte het ʼn vuurwapen op hom gerig en op sy selfoon aangedring. Die aanklaer het uit sy voertuig geklim, waarna die mans probeer weghardloop het. Hy het hulle agternagesit en een van die mans aangekeer.

“Die polisie was nie ver van die toneel af nie, en het die verdagte na die Johannesburg-sentrale gevangenis geneem.”

Die man moet binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.