Aanklagte teen bloulig-lyfwagte laat vaar

bloulig-320x203Die aanklagte van poging tot moord teen twee burgemeester-lyfwagte wat glo op ʼn motoris op die N3-snelweg in KwaZulu-Natal losgebrand het, is laat vaar, het die Pinetown-landdroshof Donderdag aangehoor.

Daar is geen rede aan die hof verskaf waarom die aanklagte laat vaar is nie. Landdros Chris Annamalai het die saak na ʼn ander hof verwys.

Thulasizwe Mbanjwa en Sthembiso Mokoena sal na verwagting volgende Woensdag in die nuwe hof verskyn op aanklagte van die onwettige vuur van ‘n vuurwapen, en die vuur van ‘n vuurwapen in ‘n openbare plek.

Die twee lyfwagte het na bewering verlede maand op ʼn motoris, wat slegs as Wynand bekend gemaak is, op die N3 geskiet terwyl hulle Yusuf Bhamjee, burgemeester van Umgungundlovu, begelei het. Hulle het op Wynand geskiet nadat hy glo geweier het om voor die burgemeester se konvooi pad te gee. Wynand is ongedeerd.

Lees ook:
Eerste burger en adjunk het 16 lyfwagte
Bloulig-skietery: Lyfwag al vroeër skuldig aan poging tot moord
Bloulig-skietery: Lyfwagte vas vir poging tot moord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Erich Goosen ·

Ek verstaan nie die berig nie. Die opskrif se die aanklag is laat vaar maar in die berig word gemeld dat die saak na ‘n ander hof verwys is. Dis mos nie dieselfde nie.

At ·

Jy is reg, dis nie dieselfde nie. Die poging tot moord is laat vaar, in die ander hof sal hulle aan minder belangrike of ernstige klagtes aangekla word soos afvuur van vuurwapen ens

j ·

Die regering se masjienerie in werking. Wonder wat gaan van ons regstelsel word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.