Die aanklagte van poging tot moord teen twee burgemeester-lyfwagte wat glo op ʼn motoris op die N3-snelweg in KwaZulu-Natal losgebrand het, is laat vaar, het die Pinetown-landdroshof Donderdag aangehoor.
Daar is geen rede aan die hof verskaf waarom die aanklagte laat vaar is nie. Landdros Chris Annamalai het die saak na ʼn ander hof verwys.
Thulasizwe Mbanjwa en Sthembiso Mokoena sal na verwagting volgende Woensdag in die nuwe hof verskyn op aanklagte van die onwettige vuur van ‘n vuurwapen, en die vuur van ‘n vuurwapen in ‘n openbare plek.
Die twee lyfwagte het na bewering verlede maand op ʼn motoris, wat slegs as Wynand bekend gemaak is, op die N3 geskiet terwyl hulle Yusuf Bhamjee, burgemeester van Umgungundlovu, begelei het. Hulle het op Wynand geskiet nadat hy glo geweier het om voor die burgemeester se konvooi pad te gee. Wynand is ongedeerd.
Lees ook:
Eerste burger en adjunk het 16 lyfwagte
Bloulig-skietery: Lyfwag al vroeër skuldig aan poging tot moord
Bloulig-skietery: Lyfwagte vas vir poging tot moord
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Ek verstaan nie die berig nie. Die opskrif se die aanklag is laat vaar maar in die berig word gemeld dat die saak na ‘n ander hof verwys is. Dis mos nie dieselfde nie.
Die regering se masjienerie in werking. Wonder wat gaan van ons regstelsel word.