Aanklagte teruggetrek na nagklub-dood

Corné Hale. Foto: Facebook

ʼn Saak van strafbare manslag teen Willem Botes (24) is Dinsdag voorlopig teruggetrek in die Bellville-streekshof.

Die staatsaanklaer Herculine Swart het die aanklagte voorlopig teruggetrek aangesien die staat se sleutelgetuie oorsee is en na verwagting eers teen die einde van die jaar gaan terugkeer na Suid-Afrika. Swart sê dit sal onprakties wees vir Botes om aan te hou om in die hof te verskyn en dat die aanklagte weer ingestel sal word sodra die getuie beskikbaar is. Botes word daarvan beskuldig dat hy Corné Hale (19), ʼn matrikulant aan die Hoërskool Tygerberg, in November 2011 buite ʼn gewilde kuierplek in Bellville aangerand het. Hale het ernstige kopbeserings opgedoen en is twee dae later in die hospitaal dood. Botes is aanvanklik van moord aangekla maar die Wes-Kaapse direkteur van openbare vervolging het die klag na strafbare manslag verander.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Henriette Van Eck ·

DIT IS MOORD MAAK NIE SAAK HOE DIE KLOMP GOED DIT VERANDER LAAT IEMAND MET DIE DING DOEN WAT AAN CORNE GEDOEN IS DIT IS GEREGTIGHEID.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.