Aanklagte teen een van die polisiebeamptes wat beskuldig word van die moord op die Ficksburg-betoger, Andries Tatane, is Maandag in die rondgaande hof op dié dorp teruggetrek.
Die staat het alle aanklagte teen Kanathasen Munsamay teruggetrek. Die ander wese polisie beamptes wat van die moord beskuldig word, is Nicodemus Israel Moiloa, Mothusi Magano, Mphonyana Ntaje, Olebogeng Mphirime, Solomon Moeketsi, Jonas Skosana en Isaac Finger. Die beskuldigdes het onskuldig gepleit op aanklagte van moord en aanranding met die doel om ernstig beseer. Tatane is op 13 April verlede jaar deur die beskuldigdes doodgemaak tydens ʼn betoging oor swak dienslewering. Daar is destyds beeldmateriaal uitgesaai wat wys hoe Tatane deur polisiebeamptes aangerand word. Die saak duut voort.
– SAPA