‘Aanranding’ van joernalis veroordeel

Zuma se konvooi verlaat oudpresident Mandela se huis in Houghton, Johannesburg. Foto: EWN/Twitter

Zuma se konvooi verlaat oudpresident Mandela se huis in Houghton, Johannesburg. Foto: EWN/Twitter

‘n Video van die voorval volg onderaan die berig. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het die beweerde aanranding van ʼn joernalis deur ʼn lid van pres. Jacob Zuma se BBP-beskermingseenheid veroordeel.

“Sanef verwag dat staatsamptenare, veral diegene wat die president op openbare aktiwiteite vergesel, die regte en pligte van die media sal respekteer en joernaliste met respek sal hanteer,” het die organisasie Donderdag in ʼn verklaring gesê.

Reinart Toerien, joernalis van Eyewitness News (EWN), het Maandag ʼn klag van aanranding teen Zuma se beskermingseenheid gelê.

Toerien is glo buite voormalige pres. Nelson Mandela se huis in Houghton, Johannesburg, aangerand. EWN sê Toerien het met sy kamera op die sypaadjie gestaan toe die konvooi by die hek uitgery het. Een van die sekuriteitswagte het glo sy arm uit ʼn swart viertrekvoertuig gesteek en gesê hy moet “voertsek” voordat hy Toerien geklap en die videokamera weggestamp het. Dié beeldmateriaal is opgeneem en op EWN se webwerf gepubliseer. Klik hier om meer te lees.

Katy Katopodis, hoofredakteur van EWN, het die gedrag veroordeel.

Sanef sê hy ondersteun Katopodis in haar versoek vir ʼn volle ondersoek en tugstappe. Die organisasie sê daar was ʼn aantal aanvalle op joernaliste en burgers die afgelope paar maande. “Sanef keur die aksie van Toerien goed dat hy kriminele klagte by die Norwood-polisiestasie teen die lid van die BBP-beskermingseenheid gelê het. Hy het die voorval op video vasgevang en die voertuigregistrasienommer is duidelik sigbaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Deana ·

Ek sou dink dat dit net die regte ding is om te doen deur dit aan te meld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.