Aanrandingsklag teen Orkney Snork nie-akteur

Herbst en Grové. Foto: Beeld

ʼn Pretoriase vrou het ʼn klag van aanranding teen die akteur Anrich Herbst ingedien.

Beeld berig dat Michelle Grové (30) die klag by polisie in Johannesburg ingedien het. Sy beweer Herbst, wat bekend geword het vir sy rol as Wimpie in die TV-reeks Orkney Snork nie, het haar herhaaldelik fisiek en verbaal mishandel. Grové het ook ʼn video op Youtube geplaas van beweerde huismoles tussen haar en Herbst. Die video is al meer as duisend keer op Youtube gekyk en het ʼn ouderdoms­beperking van 18. Grové beweer sy en Herbst het mekaar in Februarie in ʼn kroeg ontmoet en dat hulle saam in sy huis in Westdene gewoon het terwyl sy vrou en twee kinders in Kaapstad gewoon het. Volgens Grové het Herbst aan haar gesê dat hy en sy vrou skei. Sy beweer Herbst het jaloers en obsessief begin raak en dat hy haar in haar gesig geslaan het.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

Ida ·

Maar dit het haar glad nie gepla om met getroude man saam te bly en verhouding te hê nie, nou is sy bekommerd oor sy seuns. Sy soek net aandag en geld. Natuurlik is dit nie reg wat hy gedoen het nie, maar daar is beter maniere om dit uittesorteer as om koerante toe te hardloop. Pleks trek sy net. Maar dit kan sy nie doen nie want hy onderhou haar.

Eliza ·

EK IS JAMMER, MAAR EK HET GEEN SIMPATIE MET ‘N VROU WAT WEET DAT DIE MAN MET WIE SY RONDNEUK, ‘N GETROUDE MAN IS, NIE. SY HET BAIE GOED GEWEET DAT HY BEROEMD WAS EN HET ABSOLUUT GESIG GESOEK VOOR DIE KAMMERA, EN TOE SY DIT NIE KRY NIE, GAAN BLAKER SY UIT AAN ALMAL IN DIE KOERANT MET WIE SY HAARSELF BESIG GEHOU HET AL DIE TYD EN HOE SODANIGE SAKE TUSSEN HULLE 2 VERLOOP HET. JY DOEN NIE SO IETS AAN ‘N ANDER VROU, EN EN SOEK DAN SIMPATIE VIR JOU VERKEERDE DADE, NIE. HY WAS OOK VERKEERD, JA, MAAR DIS VIR ‘N VROU OM NEE TE SE EN NIE GEWILLIG SAAM MET ‘N MAN TE GAAN AS HY GETROUD IS NIE, NIE EENS AS JY JOUSELF ONGETROUD IS NIE!!!. HULLE WAS ALBEI BAIE, BAIE VERKEERD, MAAR SY DIE MEESTE!!! SY HET ABSOLUUT DAARNA GESOEK. SY MOENIE NOU SIMPATIE SOEK VAN ANDER AF NIE. HOE DINK SY, WAT SE GEESTELIKE SKADE HET SY AANGERIG AAN SY KINDERS EN SY VROU, AL WAS HY SAAM MET HAAR IN DIE DING BETROKKE!!! VIR SY VROU EN KINDERS, IS DIT GEEN LAGWEKKENDE SPELETJIES NIE!!! NIE NET WAS SY VERKEERD NIE MAAR OOK BITTER SELFSUGTIG . HAAR HOUDING OP DIE FOTO ALLEEN, VERTEL HAAR HELE IDEE VAN WAT SY IN GEDAGTE GEHAD HET EN GEE ALLES WEG. DAARDIE IS ‘N TIEPIESE “KYK-POSE-HOUDING” VAN ‘N “SLANG”

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.