Aansoek om Chapmanspiek-tolplaza te keer, van die hand gewys

Die Houtbaai-inwonersvereniging het nie daarin geslaag om ʼn interdik teen die konstruksie van die Chapmanspiek-tolplaza in Kaapstad te verkry nie.

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het Woensdag hul aansoek van die hand gewys.

Inwoners en die Habitat-raad het aangevoer dat die terrein in ‘n nasionale park geleë is en dat die bouwerk van nagenoeg R54-miljoen onwettig is. Hulle het aangevoer dat die premier, Helen Zille, en die LUR vir vervoer, Robin Carlisle, nie omgewingsmagtiging ontvang het om die tolplaza te bou nie. Die Wes-Kaapse regering het op sy beurt gesê alle behoorlike prosesse is gevolg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.