Die departement van binnelandse sake het Donderdag bekend gemaak dat die publiek binnekort hul aansoeke vir die nuwe slim ID-kaarte kan indien.
“Pensioenarisse kan van Februarie aansoek doen vir die nuwe ID-kaarte,” het Naledi Pandor, die minister van binnelandse sake, gesê.
Mense gaan volgens hul geboortemaand uitgenooi word om aansoek te doen, het sy tydens ʼn ontbyt van The New Age-koerant in Johannesburg gesê.
Pensioenarisse wat in Januarie gebore is, sal van die eerstes wees wat van volgende maand af kan aansoek doen. “Mense moet nie net by die kantore van binnelandse sake opdaag nie, ons sal hulle uitnooi om in te kom in die maand wat hulle verjaar. Ons doel is om ten minste 100 000 slim ID-kaarte teen die einde van Maart uit te reik.”
Sy sê die uitreikingsproses word papierloos gedoen, en die kaarte is van top gehalte.
“Die slim ID-kaart gebruik moderne tegnologie om besonderhede op ‘n mikroskyfie te stoor. Die geheue van die skyfie is genoeg om ‘n wye verskeidenheid van die openbare sektor se besonderhede te stoor, soos ʼn huwelikslisensie en selfs bestuurslisensiebesonderhede.”
– SAPA
Hoeveel gaan ons nou weer gedwing word om daarvoor te betaal ( Soos E-Toll) waarvoor ons nie gevra het of ingestem het nie? Ek is ‘n pensionaris en moet vir myself sorg sonder enige byvoodele soos wat die regeringsamptenare geniet, betaald uit my belasting. Ek weier om vir die nuwe geldmaak foefie te betaal, “do your damdness, I dare you Dlamini!
Ek neem aan ons gaan nie betaal nie? Dis mos nie asof ons ons ID’s verloor het nie? Lekker geldmaakstorie hierdie een. Wat gaan hulle hierdie keer koop as hulle oortyd werk? McDonalds of KFC? Hehehe.