Aantal sterftes in openbare skietaanval in Amerika nog onbekend

crime-scene-tape-320x214Daar was nog ’n openbare skietaanval in Amerika – dié keer by die Vloot in Washington, waar ’n onbekende aanvaller (sommige bronne beweer selfs dat daar twee aanvallers was) op offisiere en polisiebeamptes losgebrand het. Die presiese hoeveelheid mense wat noodlottig gewond is, is nog nie bevestig nie.

Die polisie het die strate rondom die vloot afgesper, skole in die omgewing is as voorkomende maatreël ontruim en vlugte by die nabygeleë Reagan-lughawe is tot 90 minute lank vertraag.

Nagenoeg 3 000 mense werk by die Washingtonse vloot se hoofkantoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

H J Bester ·

Sekerlik geen twyfel daaroor dat hierdie aanval geïnisieër is deur ‘n wraaksugtige en irrasionele persoon en moontlik ook aangepor is deur een of ander anti-Amerikaanse groep of kultus. Hoe dit ookal sy, dit bly ‘n sieklike optrede. Hoop die Amerikaners spoor hierdie sieklike skieter op.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.