Aanval op Derby-Lewis glo te doen met Waterkloof-2

Clive Derby-Lewis Foto: news.howzit.msn.com

Clive Derby-Lewis Foto: news.howzit.msn.com

Die aanval op Clive Derby-Lewis en Janusz Walus hou glo verband met die sogenaamde Waterkloof-twee Christoff Becker en Frikkie du Preez.

Radio Pretoria berig dat die gevangene wat Derby-Lewis (78) en Walus aangeval het, glo ʼn wrok teen Becker en Du Preez het na aanleiding van die video wat glo wys hoe die twee partytjie hou in ʼn tronksel by die Kgosi Mampuru-gevangenis. Dit het glo tot ʼn klopjag gelei van ander gevangenes se selle en is daar glo op die beweerde aanvaller se selfoon en ander items wat hy glo ingesmokkel het beslag gelê. Volgens die berig het die gevangene Derby-Lewis en Walus aangeval teen einde na ʼn afsonderingsel geskuif te word om naby Becker en Du Preez te kom ten einde glo wraak te neem. Becker en Du Preez is vroeër op parool vrygelaat maar weer in hegtenis geneem nadat die video aan die lig gekom het.

Derby-Lewis en Walus sterk intussen aan na die aanval. Marius Coertze, Derby-Lewis se regsverteenwoordiger, het aan Maroela Media gesê Derby-Lewis en Walus se lewens is nie in gevaar nie. “Derby-Lewis het ʼn steekwond aan sy kop opgedoen en twee op sy arm. Sy linkerarm is ook in die voorval gebreek. Hy moes 18 steke kry om sy wonde te heg,” het Coertze gesê.

Lees ook:
Derby-Lewis en Walus sterk in hospitaal aan
DKD bevestig aanval op Derby-Lewis en Walus
Clive Derby-Lewis en Janusz-Walus glo in tronk aangeval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Daan ·

Hoe belaglik! Dit is so ‘n lafhartige daad gepleeg teen bejaardes, hoop daar word baie streng opgetree teen hierdie slymbol.

Monica du Plessis ·

Daar sal nie teen hulle opgetree word nie. Hulle optrede sal net met stilswye goedgekeur word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.