Aanval op joernalis veroordeel

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) het die aanval op ʼn joernalis in die Oos-Kaap as “skrikwekkend” bestempel.

Zolile Menzelwa, ʼn verslaggewer by die weeklikse koerant The Rep in Queenstown, is glo Sondagaand deur twee mans aangeval. Hulle het glo op sy bors gestaan en ʼn baksteen op sy enkel laat val. Die twee mans het Menzelwa glo gewaarsku om nie meer stories oor die burgemeester te skryf nie. Sanef sê dit dui daarop dat die aanval polities gemotiveerd was. Menzelwa het die saak aangemeld maar kon nie ʼn klag aanhangig maak nie aangesien hy nie sy aanvallers kan identifiseer nie. Sanef sê die aanval op Menzelwa kom na ʼn reeks aanvalle op joernaliste wat verslag gedoen het oor die stakings in die Wes-Kaap die afgelope paar weke. “Hierdie voorvalle dui op ‘n ongevraagde vyandigheid teenoor die media en joernaliste, wat hul professionele pligte uitvoer om die publiek ingelig te hou. ”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.