Aanvalle in Bloem: Twee dood, drie beseer

mes1-225x225Paramedici van ER24 is Dinsdagoggend in Bloemfontein binne ʼn radius van drie blokke ontbied na twee mesvoorvalle.

“Paramedici is Dinsdagoggend omstreeks 06:00 na Charlotte Maxeke-straat ontbied,” het Christo Venter, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Twee pasiënte het meswonde gehad.”

Paramedici is daarna na Elizabethstraat ontbied, wat een blok verder is. “Nog ʼn pasiënt met meswonde is hier aangetref.”

Al drie mans is vir verskeie steekwonde behandel en is na die Pelonomi Provinsiale Hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

“Nog twee mans is dood aangetref in Fonteinstraat nadat hulle ook met ʼn mes aangeval is. Paramedici het die twee mans op die toneel dood verklaar,” het Venter bygevoeg.

Dit is nog nie bekend of daar ʼn verband tussen die voorvalle bestaan nie. Die polisie ondersoek die voorvalle.

[soundcloud url=”https://api.soundcloud.com/tracks/125226747″ params=”color=ff6600&auto_play=false&show_artwork=true” width=”100%” height=”166″ iframe=”true” /]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marie ·

Julle is gelukkig. In sekere dele hier by ons, is dit n daaglikse nasionale sport. Kom by, Bloem! (he-he)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.