Aanvang van Lonmin-onderhandelinge aangekondig

Foto: Govan Whittles/EWN

Die vakbond Solidariteit het die fasiliteerders van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) se aankondiging dat die onderhandelinge rakende Lonmin-werkers, wat aan ʼn onbeskermende staking deelneem, se eis vir ʼn R12 500-loon op Maandag om 12:00 ʼn aanvang sal neem, verwelkom.

Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, sê alle betrokke partye insluitend Amcu en die stakende werkers se verteenwoordigers is na die onderhandelinge uitgenooi. “Solidariteit doen nou ‘n beroep op die stakende werkers om aan die voorvereistes van die onderhandelinge naamlik om hulle wapens neer te lê en teen Maandag terug te keer werk toe te voldoen sodat hulle eis aangespreek kan word.”

Solidariteit het ook ʼn uitnodiging aan Amcu en die stakende werkers se verteenwoordigers gerig om van die geleentheid gebruik te maak om aan die wêreld te wys dat hulle op ʼn vreedsame wyse en binne ʼn wetlike raamwerk kan funksioneer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.