Aanvraag groot na “wedergebore”-poppe

Porsha, een van die poppe wat Romie Strydom vervaardig het Foto: http://romiesdollstudio.com/doll-gallery/

Romie Strydom wat realistiese babapoppe vervaardig en teen duisende rande verkoop sukkel glo om voor te bly met die aanvraag na dié sogenaamde “wedergeborenes” (“reborns”).

The Star-koerant het Donderdag berig Strydom, wat in Hillcrest, KwaZulu-Natal, bly, het onlangs een van dié silikoonbabapoppe, wat met die hand gegiet word, vir R200 000 aan ʼn koper in Amerika verkoop.

Eva Topham, wat popvervaardigingspakkette verkoop, het gesê dit is moeilik om voor te bly met die aanvraag na dié poppe. Sedert sy haar onderneming verlede jaar op die been gebring het, moes sy twee werknemers aanstel.

Volgens die berig is die kopers van die poppe en pakkette hoofsaaklik volwasse vroue wat óf self nie kan kinders hê nie, óf wat ʼn kind aan die dood afgestaan het. “Ons kan doelgemaakte pakkette verkoop. Talle kliënte bestel hierdie pakkette wat handgemaak word om hul eie baba te repliseer.” Sy sê talle kliënte het selfs ten volle toegeruste babakamers vir hul “wedergebore”-poppe.

Van die poppe word glo met ʼn apparaat toegerus wat ʼn hartklop en asemhaling kan simuleer. Die skeppers van die “wedergeborenes” ag hulle egter nie as poppe nie, maar eerder as kunswerke.

Klik hier om Strydom se webwerf te besoek.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.