Die bekende Hobbit-arend in die lughawegebou van Wellington, hoofstad van Nieu-Seeland, het van sy kabels losgeruk toe ‘n aardbewing die eiland Maandag getref het.
Die arend, van 15 meter wyd, dien as reklame vir Peter Jackson se trilogie-rolprent, The Hobbit.
Die aardbewing se episentrum was sowat tien kilometer nood van ‘n dorpie met die naam Castlepoint en het 6,2 op die momentmagnitudeskaal geregistreer. Geringe skade is glo in omringende dorpe aangemeld. Talle inwoners was by hul huise, aangesien dit ʼn publieke vakansiedag is.
Die skudding is tot in Wellington, 111 kilometer daarvandaan, gevoel.
Hoekom loop Nieu Seeland so baie deur onder aardbewings? Is dit hul ligging? Of dalk iets anders?