Aardbewing tref Swaziland, word gevoel tot in SA

‘n Ligte aardbewing in Swaziland het Sondag veroorsaak dat aardskuddings in gedeeltes van Kwazulu-Natal en Mpumalanga gevoel is.

East Coast Radio berig die aardbewing het Sondagaand omstreeks 21:00 plaasgevind. Volgens  Ian Saunders, van die Nasionale Seismografiese Netwerk wat aan die Raad vir Geowetenskappe verbonde is,  het die aardbewing vier op die Richter-skaal geregistreer.

Inwoners van Newcastle, Ladysmith, Dundee, Mkuze, Piet Retief en Pongola het die skuddings en naskokke gevoel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.