ʼn Interessante verskynsel is dat aardbewings die afgelope week, waaronder ʼn paar baie sterk skuddings, ʼn amper ononderbroke gordel om die aarde gevorm het.
As die “gordel” by Yerri in Spanje begin, strek dit daarvandaan na Griekeland, suid van Turkye, en dan al met die Persiese Golf af, Pakistan, die weste van China, die ooste van China en dan tot in Japan.
‘n “Wegbreekboog” loop al om Indonesië se hoofeilande om weer by die gordel in Japan aan te sluit. Van hier loop die gordel noordoos, en loop deur Alaska tot in Kalifornië.
Die mees oostelike aardbewing is in die Maagde-eilande. Daar was onlangs ook aardbewings op die Mid-Atlantiese rif wat die gordel ononderbroke sou maak, maar nie die afgelope week nie.
Ek wonder net of God wat in beheer van alles nie vir ons iets probeer sê deur al die aardbewings nie. Hy is daar met jou!