Aardolie reeds 8 000 jaar gelede deur Rooihuide gebruik

‘n Waterdammetjie wat met ru-olie waterdig gemaak is. Foto: J.M.Erlandson/EHP.

‘n Waterdammetjie wat met ru-olie waterdig gemaak is. Foto: J.M.Erlandson/EHP.

Reeds 8 000 jaar gelede het Rooihuide op eilande aan die Kaliforniese kus ru-olie vir ‘n groot verskeidenheid doeleindes gebruik. Dit is onder meer gebruik om visgereedskap en geweefde houers waterdig te maak, en later ook om kano’s waterdig te maak.

Die verrassing van die ondersoek onder leiding van Kaitlin Brown van die Kaliforniese Universiteit in Santa Barbara, is nie dat dit gebruik is nie, maar oor die herkoms daarvan. Uit ‘n ontleding van die olie in die gebruiksitems, is vasgestel dat dit van ‘n ondersese bron afkomstig is waar die olie natuurlik uitsypel, en dan as klonte tot by die eilande dryf.

Hierdie natuurlike bron het dit vir die eilandbewoners moontlik gemaak om veel onafhankliker van die Rooihuide op die vasteland te leef.

Die volledige artikel in die Western Digs kan hier gelees word.

Die vakartikel kan in die Journal of Archaeological Science gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.