Aardskudding ruk Pretoria óók

Argieffoto

Argieffoto

Skaars drie weke nadat ʼn aardskudding, wat vier op die grootheidskaal geregistreer het, Johannesburg getref het, is ʼn ligte aardskudding Maandagaand weer in dié stad sowel as Pretoria gevoel.

Twitter- en Facebook-verbruikers van regoor die provinsie het gesê hulle het omstreeks 21:20 die ligte aardskudding gevoel en dat dit sowat 10 sekondes lank geduur het. Dit wil voorkom of die skudding die sterkste in Pretoria, Centurion en die noordelike voorstede van Johannesburg gevoel is.

Daar is mense tot so ver as Bela-Bela (Warmbad) wat beweer hulle het die skudding gevoel. Die aardskudding het 2.9 op die Rigterskaal gemeet.

Gauteng Weather het via hul Twitter-rekening (@WeatherSA) bevestig ʼn aardskudding het plaasgevind en dat geen beserings of strukturele skade sover aangemeld is nie.

Lees ook:
JHB-aardskudding: Nog geen skade aangemeld
Aardskudding tref JHB

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Marelize Keyter ·

Die joernalis mag dalk dink ons weet nie wat onsgevoel het nie, mense noord van Pretoria “beweer” nie hulle het die aardbewing gevoel nie, ons hét dit gevoel. En nie net Warmbad nie, ook Naboomspruit, Potgietersrus, Tuinplaas, Settlers, Crecy.

Dit was uiteraard vir ons almal ‘n totaal vreemde situasie, ons woon nie naaby enige myne nie, nie op tektoniese plaat raakpunte nie. Maar dat ons venstrs geratel, ons huismure gebewe het is nie uit die duim gesuig nie, dis feite.

Ons woon op ‘n plaas op die Springbokvlakte, sowat 28 km suidoos vanaf Naboomspruit, en hier was dit duidelik waarneembaar.

Peter Says ·

Moet nie die waarskuwings van die natuur ignoreer nie, dit bou op na die “Grote”

marelize ·

Gevoel op die Springbokvlakte, nie ‘n bewering nie, ‘n feit. Warmbad, Naboomspruit, Tuinplaas, Settlers, Potgietersrus, Crecy….
Ons was heel verdwaas.

Marlene Hanekom ·

Het dit ook in Florida aan die Wes-Rand gevoel.Die keer was dit nie so intens soos die vorige 1 sowat 2 tot 3 weke gelede nie maar het beslis langer geduur. Dis ook ‘n feit en nie ‘n bewering nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.