Aardskudding tref JHB

Johannesburg. Argieffoto: Legendtours

Johannesburg. Argieffoto: Legendtours

ʼn Aardskudding wat vier op die grootheidskaal geregistreer het, het die Johannesburg-omgewing Maandagoggend getref.

Michelle Grobbelaar, ʼn bestuurder van die seismologie-eenheid, het dit as
“nogal ʼn grote” beskryf.

Voorlopige inligting dui daarop dat die aarskudding se episentrum omstreeks 10:00 by die Universiteit van Johannesburg was. Daar is tot dusver geen lewensverlies of skade aangemeld nie.

Mense het hulself tot Twitter en Facebook gewend om hul ervaring te deel. Een gebruiker het geskerts: “Ek het die 18 November Johannesburg-aardbewing oorleef.”

ʼn Ander gebruiker het geskryf: “Daar was 20 minute gelede ʼn aardbewing in Johannesburg. Die hele gebou het vir omtrent ʼn minuut lank geskud. Ek is nog steeds bewerig.”

Na wat verneem word, het mense die aardskudding in Randburg, Roodepoort, Brackendowns, Aucklandpark, Hydepark, Melville, Soweto en die Johannesburgse middestad gevoel.

Volgens Herman Toerien, ʼn kenner van aardskuddings, is die Johannesburgse skudding nog nie by die United States Geological Survey (USGS) geregistreer nie. Hy sê die USGS sal nie maklik ʼn aardskudding registreer wat onder 4.5 op die grootheidskaal is nie. “Daar kan ʼn paar redes wees vir die skudding wat gevoel is. Een daarvan is moontlik ʼn ou mynskag wat ineengestort het, maar dit sou nie só groot aardskudding veroorsaak het nie,” het Toerien gesê.

Grobbelaar het gesê soortgelyke aardskuddings van dieselfde omvang vind gewoonlik na die eerste een plaas, maar seismoloë kan dit nie voorspel nie.

Het jy die skudding gevoel? Deel jou ervaring en laat weet ons waar en hoe laat dit gebeur het deur ʼn e-pos te stuur na [email protected].

Lees ook: JHB-aardskudding: Nog geen skade aangemeld

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Seg ·

Maroela hierdie Walter, Eben, Daan en Leon is een persoon en is besig om rond te TROL. Hy het dieselfde op N24 en op Praag gedoen. Stop hom asb. of u webtuiste ontaard ook in ‘n sirkus soos Praag.

Justi ·

Hallo seg. Daar is n dame wat dieselfde doen. Jy het haar een keer gevra wat haar storie is.

Dit is eienaardig dat een mens soveel name het waaronder hul kommentaar lewer.

Nee wat, ek is ek. Gaan beslis nie n ander naam gebruik nie. Dis mos onnodig.

Seg ·

Hallo seg Justi wat kry mens daaruit? Dit verander nie wie of wat jy is nie. Ek dink sulke mense het ‘n groter probleem as wat hulle regtig besef.

Walter ·

En jy? Verban hom. Ek sien nie dat hy hier bedrywig is nie. Gelukkig moet ander met jou opgeskeep sit en nie ek nie. Wat ‘n seën dat ek hierdie een gespaar is.

Anon ·

Ons bly tussen n klomp myne hier in Mpumalanga en glo my dit voel elke keer vir my soos n aardbewing. Genade soms ruk die huis so dat jy voel jy bewe. Ons bly in n ou huis, hoop regtig nie hy gaan eendag in eenstort nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.