Aarduur: Dinge om te doen

Die organiseerders van die Wêreld Natuurlewefonds se Aarduur vanaand moedig mense wat deelneem aan om nie net ‘n uur in die donker te sit nie, maar aktief iets te doen.

Mense wat deelneem sal vanaand van 20:30 tot 21:30 alle ligte afsit. Onder die voorstelle is dat mense in daardie uur gaan uiteet, en dit in die donker doen. ‘n Groep het op Aarduur Suid-Afrika se Facebook-blad aangedui dat hulle die nag in die Johannesburgse dieretuin gaan deurbring en van langs die leeus se hok af sterre gaan kyk. Die afskakeling van die ligte is ‘n simboliese gebaar om die bewaring van hulpbronne en klimaatsverandering te simboliseer, en bewuswording te kweek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.