AARTO gaan nêrens, ten spyte van talle flaters

aartoDit was nooit ʼn oorweging om die kontroversiële AARTO-wet (“Administrative Adjudication of Road Traffic Offences Act”) te skrap nie, het verkeersowerhede Maandag aan die dagblad Beeld gesê.

“Die voorstel om AARTO te skrap, word glad nie oorweeg nie. Dis die regering se plig om wette af te dwing en landsburgers se lewe te beskerm,” het Mthunzi Mbungwana, segspersoon van RTIA (Road Traffic Infringement Agency) gesê. Hy het gereageer op die beroep wat opposisiepartye en verskeie padverkeersveiligheidsorganisasies op die regering gedoen het om die stelsel, wat reeds berug is vir die administratiewe foute en haakplekke wat daarin voorkom, te skrap.

Volgens ʼn verslag wat vroeër vanjaar aan Dipuo Peters, minister van vervoer, oorhandig is, is sowat R2 biljoen se Aarto-boetes die afgelope twee jaar nie suksesvol ingevorder nie.

Aarto, wat stipuleer dat strafpunte vir sekere oortredings toegeken word en dat herhalende oortreders van verkeersreëls se lisensie opgeskort word, is tot dusver nog net gedeeltelik in Johannesburg en Pretoria geïmplementeer.

 

Bron: Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Willy ·

Ek moet eers opstaan van die vloer!
Regering se plig om wette af te dwing en landsburgers se lewe te beskerm!
Ons is al vêr verby 1 April.

Hierdie patetiese lot gaan seker weer geld van ons invorder om weer te probeer lewe in ‘n dooie projek te blaas.

Erich Goosen ·

Gepaste opskrif. Aarto het nog nooit erens gekom nie en sal ook nooit nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.