Aborsie-dokter skuldig aan moord

‘n 72-jarige dokter in Amerika wat aborsies op ma’s, wat meer as 24 weke swanger was, uitgevoer het, is in die Amerikaanse deelstaat Pennsilvanië op drie aanklagte van moord skuldig bevind.

Dit is in hierdie deelstaat, soos ook in lande soos Nederland, onwettig om aborsies na 24 weke uit te voer. Die regsvraag was of die dokter skuldig was aan moord of die uitvoer van onwettige aborsies. Die jurie het bevind dat 21 gevalle bewys is waar hy aborsies ná 24 weke uitgevoer het. Getuienis is gelei dat van die babas ná hulle uit hul moeders gehaal is, asem gehaal, beweeg en selfs geluide gemaak het. Die feit dat die dokter hul lewens beëindig het deur hul rugmurgies af te steek het die beslissing in drie gevalle op moord laat val.

Die dokter, wat nog gevonnis moet word, kan teoreties die doodstraf opgelê word. Hy is op nog verskeie ander aanklagte skuldig bevind, onder meer aan die dood van ‘n vrou op wie hy ‘n aborsie uitgevoer het. Sy is ‘n oordosis medisyne toegedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Melissa ·

Wat van die ma’s van daai babatjies?? Moet hulle nie ook van moord aangekla word nie? Hulle het tog na die dokter gegaan om ‘n aborsie te kry?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.