Abramjee-rowers aangekeer

Yusuf Abramjee

Yusuf Abramjee

Twee mans is in hegtenis geneem in verband met ʼn gewapende roof by Yusuf Abramjee, hoof van Crime Line, se huis in Erasmia, Gauteng.

“Drie mans is Maandag in Atteridgeville in hegtenis geneem en twee van hulle word positief verbind aan inbrake by twee huise in Erasmia, insluitend Abramjee se huis,” het brig. Neville Malila, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê. “Die mans is in hegtenis geneem vir ʼn reeks huisbrake, diefstalle en kapings in Pretoria.”

Die polisie het beslag gelê op gesteelde voertuie, twee ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie en geld by die mans se huise.

Gewapende rowers het Abramjee en sy gesin Vrydagoggend by hul huis oorval. Hulle het aangedring op sy BMW se motorsleutels en skote gevuur terwyl hulle uit die motorhuis weggetrek het.

Die mans het vroeër die oggend ʼn ander huis in nabygeleë Senoritastraat geteiken, maar die polisie het hulle onderbreek. Klik hier om meer te lees.

Malila sê die mans is aangekeer nadat hulle verskeie leidrade en wenke ontvang het.

“Die mans word aan verskeie sake in Pretoria verbind en nog aanklagtes kan moontlik volg,” het lt.gen. Lesetja Mothiba, polisiekommissaris in Gauteng, gesê.

Abramjee het die inwoners geprys dat hulle die fluitjie geblaas het en moedig hulle aan om dit steeds te doen. “Ons moet nou seker maak dat die verdagtes skuldig bevind en gestraf word,” het Abramjee gesê.

Die mans, tussen 22 en 37 jaar oud, sal na verwagting Woensdag in die Atteridge-landdroshof verskyn op verskeie aanklagte insluitend uitbuiting.

“Hulle wou na bewering ʼn dossier van die polisie koop,” het Malila gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Henko ·

Ek is beindruk, dit was vinnig. Moet ook byvoeg, ek wens alle verkragters, moordenaars en enige persoon wat ‘n skrikbewind voer kan so vinnig opgespoor word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.