Abramjee-verdagtes in die hof

Yusuf Abramjee

Yusuf Abramjee

Twee mans, wat daarvan beskuldig word dat hulle by Yusuf Abramjee, hoof van Crime Line, se huis ingebreek het, het Woensdag in die Atteridgeville-landdroshof verskyn.

“Die saak is tot 13 Desember uitgestel en hulle bly tot dan in polisie-aanhouding,” het kapt. Thomas Mufumadi, woordvoerder van die polisie in Gauteng, gesê.

Die mans is verlede maand in hegtenis geneem ná ʼn reeks huisbrake en kapings in Pretoria. Die polisie het by die mans se huis beslag gelê op drie gesteelde motor, twee ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie en kontant.

Die mans het na bewering op 22 November by Abramjee se huis in Pretoria ingebreek en aangedring op sy BMW se motorsleutels. Hulle het skote gevuur terwyl hulle uit die motorhuis getrek het.

Die polisie het gesê die mans het vroeër dieselfde dag ʼn ander huis in die gebied geteiken.

Lees ook:
Abramjee-rowers aangekeer
Rooftog by Yusuf Abramjee se huis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.