Absa dank tot 140 personeellede af

Ten spyte van herhaalde ontkennings deur Absa dat dit op ‘n afleggingsaksie afstuur, sal tot 140 inligtingstegnologiewerknemers hul werk in minder as ‘n maand kwyt wees, nadat die bank se personeelafdeling e-posse met die afdankings Maandag uitgestuur het. Absa het geweier om te reageer oor hoeveel mense betrokke is en of ʼn ommekeer gemaak is oor vroeëre ontkennings. Die bank se enigste kommentaar was: “Absa het omvattend oor die aangeleentheid gekommunikeer en het niks om verder by te voeg nie.”

Lees meer op ITWeb

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.