Absa ontken massa-afleggings

Absa het Donderdag gesê daar is geen planne vir massa-afleggings by die maatskappy nie.

“Absa het en sal voortgaan om sy stelsels en prosesse te ontwikkel wat soms lei tot beperkte werksverliese. Waar moontlik sal ons dit deur natuurlike uitvloei doen, soos bewys deur die uitfasering van 3580 ‘rolle’ verlede jaar en met afleggings wat beperk is tot 145. Daar is geen plan om 3000 werkers af te dank, soos wat wyd berig is nie.” Die verklaring van Absa kom nadat die vakbond Solidariteit ʼn reuse-veldtog begin het om beweerde afleggings by Absa te stop. Die leuse van Solidariteit se StopAbsa-veldtog is “Today, tomorrow, goodbye” in plaas van die gebruiklike “Today, tomorrow, together”. Volgens Solidariteit het talle Absa-werknemers glo verlede week herstruktureringsbriewe ontvang. Volgens die vakbond word talle werknemers se dienste op 31 Maart 2012 beëindig terwyl nog werknemers se dienste op 13 Mei 2012 beëindig sal word. “Ons inligting is dat Absa opdrag van Barclays gekry het om personeelkoste met 10% te sny. In ʼn YouTube-video vertel werknemers hoe hulle hul persoonlike besittings in houers moes pak en voor hulle kollegas soos misdadigers uit die gebou begelei is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.