Absa staak donasies aan politieke partye

ABSAlogoAbsa het Maandag gesê dat hy nie langer donasies aan enige politieke party gaan gee nie.

“Absa bevestig dat hy alle politieke donasies staak en dat hy sy finale donasies aan partye in Desember 2013 gegee het,” het die bank in ʼn verklaring gesê. “Absa het voorheen alle politieke partye wat drie of meer setels in die Nasionale Vergadering het ondersteun.” Die bank het geen verdere besonderhede verskaf nie. Mmusi Maimane, woordvoerder van die DA, sê die partye het verlede jaar ʼn donasie van Absa af ontvang en dat die bank hulle ingelig het dat hulle geen verdere donasies hierdie jaar sal ontvang nie. Narend Singh, tesourier-generaal van die IVP, sê sy party het in 2013 laas ʼn donasie van Absa ontvang. Hy sê die beëindiging van donasies sal ʼn impak op kleiner politieke partye hê.

Die Vryheidsfront Plus het vroeër ʼn beroep op Absa gedoen op sy beleid rakende donasies te hersien. “Die demokrasie veronderstel dat alle partye op gelyke voet met mekaar meeding tydens ’n verkiesing. Die deposito om landswyd aan vanjaar se verkiesing deel te neem, is meer as R600 000. Dit is dieselfde vir alle partye. Media-advertensies, plakkate en alle verkiesingsmateriaal kos dieselfde vir alle politieke partye. Vanweë die onregverdige bevoordeling van die ANC uit staatsfondse en omdat al meer private maatskappye hulle steun aan die politiek onttrek, raak verkiesings finansieel al meer onregverdig en eensydig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Peter Says ·

Wonder waar kry die manne in “Rooi” hulle geld vandaan.

Gideon Erasmus ·

Is ek nie nou bly dat ek my besigheid begin afskaal het by ABSA nie- pleks dat hulle minder diensgeld vra vir ons vuisvoos gebruikers, nou het hulle ons geld uitgedeel aan politeke partye sodat ons net nog meer kan aftjop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.