Acsa: Vliegtuie kry weer brandstof

ORTIADie Suid-Afrikaanse Lughawensmaatskappy (Acsa) sê vliegtuie by die O.R. Tambo-lughawe word weer normaal met brandstof gevul nadat daar vroeër vertragings was weens kabeldiefstal.

Unathi Batyashe-Fillis, woordvoerder van Acsa, sê daar was vir ure lank vertragings nadat kabels wat aan die brandstofpype gekoppel was gesteel is. Sy sê tegnici het teen sowat 16:00 Sondagmiddag ʼn tydelike oplossing vir die probleem gevind. Internasionale en plaaslike vlugte is erg vertraag deur die voorval. Batyashe-Fillis sê die polisie ondersoek die saak. Sy sê passasiers word steeds aangeraai om die onderskeie lugrederye te kontak rakende gewysigde tye vir vlugte.

Lees ook:
Groot vertragings by OR Tambo Internasionale Lughawe

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.