Adam Small kry Hertzogprys

Adam Small, die bekende digter en dramaturg, is Woensdagaand in Stellenbosch met die Hertzogprys vir drama vereer.

Dié gesogte titel is deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns aan hom oorhandig en is die instansie se grootste pluimpie in die Afrikaanse letterkunde.

Small het ʼn roerende aanvaardingstoespraak geskryf wat deur sy vrou, dr Rosalie Small, voorgelees is omdat hy siek is en nie die geleentheid kon nie bywoon nie.

Small sê in sy bedankingstoespraak: “Ek betuig graag my waardering aan die huidige Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir hierdie toekenning aan my van die Hertzogprys vir 2012, al kom dit – ek sê dit tong in die kies, maar tog – feitlik op my sterfbed.”

Hy het verskeie belangrike rolspelers in sy loopbaan bedank en afgesluit deur te sê: “Die belangrikste gedagte vir vanaand moet wees: laat die tesamevoeging van die name Hertzog en Adam Small ’n groot simboliek van versoening vir die mense van ons land wees. Politieke versoening is belangrik, maar intellektuele versoening, wat slegs deur die filosofie en die kuns gedra kan word, is diepsinniger en die grond van alles. Laat ons opvrolik. In daardie ewige woorde: Kô lat ons sing!”

Klik hier om sy volledige toespraak te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.