Adam Tas deel skok oor baba

Adam Tas en sy vrou Caren. Foto: Huisgenoot

Die sanger Adam Tas, oftewel Francois van der Merwe, en sy vrou, Caren, sê hulle is onkant gevang toe hulle vroeër meegedeel is dat hul ongebore baba ʼn seldsame sindroom het.

Die paartjie, wat in Pretoria bly, leef met die vrees dat hul ongebore babatjie, wat reeds Klara-Belle genoem word, dalk kan sterf, berig Nuus24.

Daar is tekens dat hul eersteling met trisomie 13, of Patau-sindroom, gebore kan word. Trisomie 13, is ’n chromosoomafwyking wat by een uit elke 10 000 babas voorkom, sê dr. Helga de Muelenaere, ’n ginekoloog. Dit behels dat ’n baba ’n ekstra chromosoom het, maar daar is verskeie grade van die toestand. Dit kan moontlik tot verskeie mediese probleme soos ’n hartkwaal of breinskade lei. Sy kan selfs by geboorte sterf of net ’n paar dae leef.

Klik hier om die volledige berig te lees

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.