Addisionele sekuriteit by Comrades

Johan van Staden, wedrenorganiseerder van die Comrades-marathon, het Donderdag bevestig dat addisionele sekuriteit by die marathon slegs voorkomingsmaatreëls is.

Meer as 19 000 deelnemers hardloop Sondag die 86km van Durban na Pietermaritzburg.

Organiseerders van sommige hoëprofielwedrenne moes addisionele sekuriteitsmaatreëls instel nadat twee bomme verlede maand naby die eindstreep van die Boston-marathon drie mense se lewens geëis en 264 mense beseer het.

“Dit is net ‘n maatreël. Die Comrades-marathon het oor die afgelope 20 jaar baie streng sekuriteitsmaatreëls in plek gehad,” het Van Staden gesê. “Tydens onderhandelings met die polisiediens het hulle dit baie duidelik gestel dat daar, volgens hulle inligting, geen dreigement teen die wedren is nie en dat ons daaroor kan ontspan.”

Baanbeamptes uit die gemeenskap sal die 652 polisiebeamptes, metropolisiebeamptes, personeel van Bhejane Security en ander sekuriteitsbeamptes bystaan. Personeel van die SAPD se bomeenheid sal ondersoeke by die wegspring en eindstreep uitvoer.

Die Comrades-marathonvereniging (CMA) het ook bevestig dat die drama wat verlede jaar afgespeel het nadat die wenner Ludwick Mamabolo positief getoets het vir methylhexaneamien hom sal herhaal nie. ‘n Kommissie van Ondersoek het later bevind dat daar onreëlmatighede in die toetsproses was. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.