Adele het goeie nuus

Adele en Konecki by die Grammy-toekennings in Februarie

Die Grammy-bekroonde sangeres, Adele, is swanger.

Adele (24) het Vrydag op haar webwerf aangekondig dat sy haar eerste kind saam met haar vriend, Simon Konecki, verwag. “Ek is verheug om aan te kondig dat ek en Simon ons eerste kind saam verwag,” het sy geskryf. “Ek wou hê julle moet dit direk by my hoor. Ons is oorstelp van vreugde en baie opgewonde, maar respekteer asseblief ons privaatheid in dié spesiale tyd.”

Die Britse sangeres het hul verhouding in Januarie openbaar gemaak toe sy saam met Konecki (38) in Londen afgeneem is. Konecki, die hoof uitvoerende beampte van die Drop4Drop-welwillendheidsorganisasie het Adele ook in Februarie na die Grammy-toekennings vergesel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.