Adjunk-president kondig ekstra vakansiedag aan

Adjunk-president Kgalema Motlanthe. Foto: GCIS

Adjunk-president Kgalema Motlanthe het Dinsdag aangekondig dat Suid-Afrikaners vanjaar ‘n ekstra vakansiedag sal kry.

Motlanthe het in ʼn verklaring aangekondig dat 27 Desember ʼn openbare vakansiedag sal wees. Die vakverbond Fedusa het vroeër ʼn brief aan president Jacob Zuma geskryf en gevra dat Suid-Afrikaners vanjaar ʼn ekstra vakansiedag kry aangesien Kersdag op ʼn Sondag val en die daaropvolgende Maandag dus ʼn vakansiedag is. Dit is egter Maandag 26 Desember Welwillendheidsdag of Tweede Kersdag. Motlanthe het die versoek toegestaan aangesien Zuma tans in die buiteland is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.