Adjunk-verkeershoof pleit onskuldig op moordklag

hofhamertjie31Johan Heunis (57), ‘n adjunk-verkeershoof van die Mbombela-munisipaliteit in Mpumalanga, het Vrydag in die Nelspruit-landdroshof onskuldig gepleit op die aanklag dat hy Michelle Curgenven (36) vermoor het.

Die saak is tot 21 November uitgestel nadat die staat meer tyd versoek het vir die polisie om sy ondersoek af te handel. Heunis is vroeër op borgtog van R20 000 vrygelaat. Curgenven, wat as ʼn administratiewe klerk vir die Mbombela-munisipaliteit gewerk het, is in Julie in haar huis doodgeskiet. Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê Curgenven is in haar motor in die motorhuis doodgeskiet. Hy sê met die polisie se aankoms is Heunis in volle uniform op die toneel aangetref. “Hy was aggressief en het gedreig om selfmoord te pleeg.” Die polisie het vir ure met Heunis onderhandel waarna hy homself oorgegee het. Volgens mediaberigte was Heunis verlief op Curgenven en wou hy ‘n verhouding met haar aanknoop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Dinknet ·

Hoekom is die kommentaar so min as die berig oor blanke oortreders gaan? Hier het ons een wat op heterdaad betrap is na n gruwelike moord………

vuurvreters ·

Omdat hy blank is kry hy R20,000 borg. As dit n kol was het hy R20 borg gekry, dis was n vieslike daad vsn hom. Ek is gekant teen enige geweld.

Justi ·

Nog n monster wat “liefde” as n verskoning vir sy geweldadige aanvoer! Nog n onskuldig lewe geneem in die naam van “liefde.” Die swaksinnge puttykop! Nou het hy niks en sy lewe is self ook opgemors! Mag hy laaaaaaaaaaaank in die tronk sit!

Dinknet ·

Dag almal….. Ek was net bekommerd dat niemand hierdie daad ook verag nie. Dankie dat jul saamstem. Misdaad in alle vorme en onder alle groepe is veragtelik!

Seg Net ·

Sy was ‘n vriendin van my dogter. Haar man is verlede jaar oorlede. Hulle het ‘n seun van so ses jaar oud. Hy moet nou sonder ouers grootword. Die wetterse dreg wou ‘n verhouding met haar aangeknoop het, maar sy het nie in hom belanggestel nie. Moordenaars en verkragters behoort geen borg te kry nie.

Dinknet ·

Seg net,jammer dat jy hierdie een so persoonlik en naby voel! Misdaad betaal nie,bring hartseer,gebeur in sekondes en die impak duur n leeftyd!

Trippie ·

Dinknet – naweke is mense maar skaars op die forums !

Natuurlik word elke moord veroordeel.

Soos ek en SegNet altyd se, ‘n sleg blanke is slegter as ‘n sleg swarte.

Jasper ·

Jy kan nie eers met hulle ploeg nie want hulle skyt op die tuie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.