Adjunk-verkeershoof wat glo moor kry borg

Johan Heunis (57), ‘n adjunk-verkeershoof van die Mbombela-munisipaliteit in Mpumalanga, is Maandag op borgtog van R20 000 vrygelaat.

Heunis word aangekla van die moord op Michelle Curgenven (36). Curgenven, wat as ʼn administratiewe klerk vir die Mbombela-munisipaliteit gewerk het, is Donderdagaand in haar huis doodgeskiet. Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê Curgenven is in haar motor in die motorhuis doodgeskiet. Hy sê met die polisie se aankoms is Heunis in volle uniform op die toneel aangetref. “Hy was aggressief en het gedreig om selfmoord te pleeg.” Die polisie het tot omstreeks 4:30 Vrydagoggend met Heunis onderhandel waarna hy homself oorgegee het. Volgens mediaberigte was Heunis verlief op Curgenven en wou hy ‘n verhouding met haar aanknoop.

Die staatsaanklaer Brian Mogale het die hof gevra om Heunis borg te weier of dit baie hoog te maak. “Die verdagte het gedreig om selfmoord te pleeg toe die polisie hom in hegtenis wou neem.” Coert Jordaan, Heunis se regsverteenwoordiger, sê sy kliënt het die naweek agter tralies deurgebring en is reeds gestraf. Volgens Heunis se borgvoorwaardes mag hy nie in kontak kom met die oorledene se familie of die staat se getuies nie. Die saak is tot 13 September uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

laura bekker ·

dit is tipies van die hof kom ons laat al due moordenaars vry

Kaspaas ·

Onthou Robert McBride en Mandela wat ook onskuldige mense (laat) vermoor het ? Die persoon is seker nou genoeg gekwalifiseer om parlement toe te kan gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.